ADVERTISEMENT:

 
     

Vivo Boerebemarkingsdag

 

From: 10 August 2018 at 07:00 AM

Until: 10 August 2018 at 23:00 PM

Location: Vivo


Details:

Die streek se landbougemeenskap en belangstellendes word uitgenooi na die Vivo Boerebemarkingsdag en veeveiling op Vrydag, 10 Augustus, op die plaas De Ruigte.

Die veeveiling sal aangebied word deur André Koch & Seun om 11:00. “Bring asseblief u beeste, skape, bokke en varke,” nooi die organiseerders. Vir meer inligting, skakel Mark Barker by tel. 076 502 4980.

Die ingangsfooi is ‘n donasie, terwyl ‘n spitbraai teen R50 per persoon beskikbaar sal wees. Die dag word aangebied ten bate van die CVO Skool Vivo.

Hekke open om 07:00, met die ASA vergadering om 08:00. Om 11:00 sal die verwelkoming gedoen word, met ‘n Sanlam inligtingsessie en die veeveiling wat sal volg. Toutrek tussen die borge en boere vind om 14:00 plaas, met demonstrasies om 15:00, die “meelsakkie” om 17:00 en Andries Vermeulen se vertoning wat om 18:00 begin. Daar sal ook ‘n fondsinsamelingsveiling wees en kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.  

“Is jy die eerste Vivo Boerebemarkingsdag se Wenboer van die Jaar? … Dit kan dalk jy wees, so kry ‘n inskrywingsvorm by die hek. Groot pryse om te wen!” sê die organiseerders.


Contact Person: Mark Barker

Tel: 076 502 4980

Email:

 

Upcoming Events

Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe Start: 01 May  (07:00 AM) End: 01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford Start: 15 May