ADVERTISEMENT:

 
     

InniBerg Makadamia Fees

 

From: 19 October 2018 at 08:00 AM

Until: 20 October 2018 at 23:00 PM

Location: Louis Trichardt


Details:

Inwo­ners van die Soutpansberg kan begin gereed maak vir die jaarlikse InniBerg Makadamia Fees wat vanjaar op Hoërskool Louis Trichardt se rugbyveld (Leeupark) gehou sal word.
Die fees vind plaas die naweek van 19 en 20 Oktober. Gian Groen sal optree as seremoniemeester, met Die Campbells wat Vrydagaand die vermaak sal verskaf en die Bosveld Orkes wat Saterdagmiddag luister aan die geleentheid sal gee. Wat Saterdagaand betref, sal Lianie May en Ricus Nel die gaskunstenaars wees.
Volgens die organiseerders is meer as 70 stalletjies reeds bevestig. Die Koffie Pot sal ‘n teetuin bedryf met lekker pannekoek, koek en terte asook Arts & Crafts. Die Hervormde Kerk sal sorg vir vetkoeke, terwyl die Dopperkuierkafee hul bekende Dopperburgers, lekker vis en tjips, asook jaffels sal opdis. Die NG Moedergemeente sorg vir die soet-suur kombinasie, soos biltong en droëwors, kerrie-en-rys, klapperys, fudge en koeksisters. Daar is ook ‘n mini sirkus, ‘n DBV-fotokompetisie, ‘n Mnr. en Mej. InniBerg en nog vele meer.
Kaartjies is reeds beskikbaar by die Koffie Pot en Hoërskool Louis Trichardt. Dit kos R100 per volwassene en R50  per kind onder 13 jaar. Toegang is gratis vir voorskoolse kinders. Naweekkaartjies kos R180 per volwassene en R80 vir kinders jonger as 13 jaar. Vir meer inligting, besoek www.inniberg.co.za.


Contact Person:

Tel:

Email:

 

Upcoming Events

Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe Start: 01 May  (07:00 AM) End: 01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford Start: 15 May