NG Soutpansberg hou boerebasaar

 

From: 01 June 2019 at 08:00 AM

Until: 01 June 2019 at 18:00 PM

Location: NG Soutpansberg


Details:

Inwoners van die Soutpansberg kan nou reeds ‘n aantekening maak van die NG Kerk Soutpansberg se jaarlikse Boerebasaar op 1 Junie vanjaar.

Groot feestelikhede word in die vooruitsig gestel, met die basaar wat reeds bekend is vir sy goeie kwaliteit vleis, groente en vrugte teen sakpaspryse. Die normale basaarlekkernye is ook weer op die spyskaart, soos die vroue se gewilde kerrie-en-rys, poedings, gebottel en gebak, pannekoek, stokworse en vele meer. Daar sal ook vermaak wees vir die jongspan en skyfskiet met groot pryse. Soos vorige jare, word persone en organisasies van buite uitgenooi om ‘n stalletjie te bespreek tydens die basaar.

Die koste beloop R100 per uitstalruimte.

Vir meer inligting hier­oor kan die kerkkantoor geskakel word by tel. 015 516 4366 of ds. Etienne van Staden by tel. 083 274 3227.


Contact Person: ds. Etienne van Staden

Tel: 083 274 3227

Email:

 

Upcoming Events

SPCA golf day
Where: Louis Trichardt Start: 25 May End: 25 May  (23:00 PM)
Doppers Hou Wilds­fees
Where: Die Gereformeerde Kerk, Louis Trichardt Start: 31 May  (08:00 AM) End: 31 May  (18:00 PM)
Tshipise bulletjie rugbydag
Where: Forever Resorts Tshipise Start: 01 Jun End: 01 Jun  (23:00 PM)
NG Soutpansberg hou boerebasaar
Where: NG Soutpansberg Start: 01 Jun  (08:00 AM) End: 01 Jun  (18:00 PM)
Kom bid saam met boere
Where: Lalapanzi Hotel op die N1 suid van Louis Trichardt Start: 01 Jun  (08:00 AM) End: 02 Jun  (18:00 PM)
Zumba Session To Honour Armando
Where: Kiepersol venue at the Dutch Reformed Church in Erasmus Street. Start: 04 Jun  (17:00 PM) End: 04 Jun  (19:00 PM)

 
Kremetart Cycle Weekend
Where: Louis Trichardt Start: 08 Jun  (05:00 AM) End: 08 Jun  (23:00 PM)
Ng Kerk 4X4-Naweek
Start: 14 Jun  (05:00 AM) End: 17 Jun  (18:00 PM)