ADVERTISEMENT:

 
     

Levubu Boeredag

 

From: 13 September 2019 at 09:00 AM

Until: 13 September 2019 at 17:00 PM

Location: Maclands Estate (25 km buite Louis Trichardt op die R524, in die rigting van Thohoyandou)


Details:

Levubu Boeredag word Vrydag, 13 September, by Maclands Estate (25 km buite Louis Trichardt op die R524, in die rigting van Thohoyandou) gehou.

Hierdie opwindende dag word deur die Avokado- en Makadamia Studiegroepe gereël. Die gasspreker die dag is dr. Roelof Botha, wat sal praat oor die landbou-ekonomiese vooruitsig vir Suid-Afrika. Verskeie tipes toerusting soos trekkers, spuitmasjiene, neutoptellers, misstrooi­ers en kettingsae sal die dag demonstreer word. Daar is ook uitstallings van landboutoerusting, landboudiensverskaffers en motorhandelaars.

Die hekke maak 09:00 oop en die program begin om 10:00. Toegang beloop R50 per persoon en is gratis vir kinders.

Vir meer inligting, of om ‘n borg of uitstaller te wees, kontak vir Elsje Joubert of Gertien Viviers per epos by [email protected].


Contact Person: Elsje Joubert

Tel:

Email: [email protected].

 

Upcoming Events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe Start: 01 May  (07:00 AM) End: 01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford Start: 15 May