ADVERTISEMENT:

 
     

ROLBAL-AAND­REEKS

 

From: 12 November 2020 at 00:00 AM

Until: 26 November 2020 at 00:00 AM

Location: Louis Trichardt Rolbalklub


Details:

Die Louis Trichardt Rolbalklub bied weer eersdaags hulle gewilde aandreeks besigheidsliga aan.
Oudergewoonte sal die reeks plaasvind oor drie agtereenvolgende Donderdae, met die eerste wedstryde wat op 12 November gespeel sal word. Veertien spanne kan inskryf (voor 5 November) en die finaal sal op 26 November beslis word.
Die hoofdoel van die liga is om rolbal as sportsoort te bevorder, om fondse vir die klub in te samel en om dit net te geniet. Enige instansie of besigheid kan ‘n span inskryf of borg. ‘n Span kan bestaan uit vier nie-rolbalspelers. Klublede sal wel byderhand wees om te help.
Wedstryde begin Donderdagaande om 18:00.  Aan die einde van die reeks word die wenner bepaal. Dekking sal deur die plaaslike koerant gedoen word en uitslae sal weekliks gepubliseer word.

Behalwe vir skoene wat hakloos moet wees, is geen ander dragkodes van toepassing nie. Rolbalballe sal voorsien word. Inskrywing per span beloop R500 en daarna R20 per speler per wedstryd. Kerrie-en-rys sal elke Donderdagaand te koop wees. Vir meer besonderhede of om ‘n span in te skryf, skakel Marietjie Barkhuizen by 082 326 7686 of Mari Volschenk by 084 500 2453.


Contact Person: Marietjie Barkhuizen

Tel: 082 326 7686

Email:

 

Upcoming Events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe Start: 01 May  (07:00 AM) End: 01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford Start: 15 May