In ’n jaar wat vir baie weereens vol uitdagings was, het daar vir drie mense onverwagse vreugde gekom – ’n ware Kerswonder wat hul lewens onherroeplik verander het. Die 54-jarige Fanus Coetzee van Louis Trichardt het hier kort voor Kersfees twee mense ontmoet wat hy geen idee gehad het bestaan nie: sy twee biologiese susters, Elise Bester (71) van Jacobsdal en Riana Lendes (69) van Pretoria. Vir hulle was die oomblik selfs nog groter: hulle het al 54 jaar lank geweet dat daar êrens ’n klein b...
Kerswonder ná 54 jaar: Twee sussies vind verlore boetie
'n Kerswonder en 'n nuwe begin
Ná 54 jaar se soektog het Fanus Coetzee sy twee biologiese susters, Elise Bester en Riana Lendes, onverwags ontmoet. Hierdie hartroerende hereniging, moontlik gemaak deur sy ma, is die grootste Kersgeskenk vir die gesin wat nou saamkuier. Hulle moedig ander aan om verlore familielede te soek, want die beloning is groter as enige negatiewe.