Alhoewel Johan Uys al vir dekades nie meer op Louis Trichardt bly nie, maak sy familieverbintenisse hom vir altyd onlosmaaklik deel van die streek en sy mense. Hy is natuurlik die seun van Louis Trichardt se tannie Corrie Uys en wyle oom Hansie Uys en op 59 jaar is Johan steeds aan te presteer op sportgebied.
Buiten vir sy verbintenis met Louis Trichardt deur sy ouers, het Johan ook sy laer- en hoërskoolloopbaan op Louis Trichardt begin en voltooi. Hy was vanaf Graad 1 by Laerskoo...