Zoutpansberger
Local

Nasionale tweede plek vir Limpopo Melkery in kuilvoerkompetisie

Joubert Fourie deel kundigheid oor kuilvoerproduksie by Santam-webinaar

By Andries van Zyl • 4 December 2025
Nasionale tweede plek vir Limpopo Melkery in kuilvoerkompetisie

Limpopo Melkery het 'n nasionale tweede plek behaal in Plaas Media se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie, wat hul hoë standaarde bevestig. Joubert Fourie het tydens 'n webinaar sleutelaspekte van kwaliteit kuilvoerproduksie, soos kompaksie en die voorkoming van vermorsing, gedeel.

Limpopo Melkery buite Louis Trichardt het verlede week weereens erkenning ontvang vir die hoë standaard wat hulle as melkprodusent handhaaf tydens Plaas Media se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie.

“Ek dink die kompetisie is 12 jaar oud, en ons is 12 jaar al betrokke. Die naaste wat ons kon kom in die verlede was derde. So, hierdie jaar het ons ‘n tweede plek behaal ... as jy tweede kom, kan jy net beter doen,” het Limpopo Melkery se Joubert Fourie gesê. Dit was ‘n nasionale tw...

Read more on our website