Familie en vriende het Vrydag, 21 November, met groot skok verneem van die skielike dood van die 57-jarige Nick Mienie van Louis Trichardt aan ’n hartaanval.
“Hy het naar geword en besluit om ’n bietjie te gaan lê. Hy het net nie weer wakker geword nie,” het sy steeds-hartseer eggenote, Rita, Dinsdag gesê.
Nick was ’n boorling van die Soutpansberg. Hy is op 30 Mei 1968 as enigste kind van sy oorlede ouers, Nick (senior) en Sufreen Mienie, gebore, ’n jaar nadat hulle van die Paarl ...