Die verdwyning van ’n 22-jarige man van die Levubu-omgewing, Reuben Marsberg, sorg steeds vir groot bekommernis vir sy familie, en teen druktyd was hy steeds vermis. Marsberg het op Woensdag, 26 November, vermis geraak. Sondagoggend is sy Toyota Land Cruiser gestroop en verlate naby die vliegveld buite Polokwane gevind. Daar was egter geen teken van hom nie.
Sosiale-mediaplatforms gons sedert Marsberg se verdwyning. Hy het vanaf Howick in KwaZulu-Natal na die Soutpansberg verhuis vir we...