Lede van die Soutpansberg Atletiekklub (Skillies) het Saterdag, 22 November, weer bietjie lekker gaan sweet tydens hulle deelname aan die Magoebaskloof Plunge in Tzaneen.
Altesaam nege Skillies het die 42,2 km Marathon aangepak, terwyl ses die 21,1 km halfmarathon voltooi het.
In die Marathon het Victor Matodzi eerste van die klubatlete oor die eindstreep gehardloop in ’n tyd van 3:56:59. Hy is gevolg deur Genius Katekwe in 4:13:13, met Anél Roets wat in 4:17:58 klaargemaak het. F...