Deur Karen Odendaal
Waar begin ’n mens skryf oor iets wat nie net ’n intensiewe deel van jou leefwyse was gedurende die periode waartydens jy direk betrokke was — vanaf die kleuterstadium van die bekende Soutpansbergse koerant — nie, maar wat ook reeds van die begin van 1985 af deel was van jou daaglikse en weeklikse verwysingsraamwerk?
Die dae toe wyle bekende Johann du Plessis, oftewel “Johann Koerant”, die eerste uitgawe op 25 Januarie 1985 vanuit sy karavaan die lig l...