Agt inwoners van Louis Trichardt was deel van die groep van 29 Suid-Afrikaanse toeriste wat weens hewige reën en vloedwaters op 11 Januarie 'n aand in hul voertuie of op die kantoorvloer van die Giriyondo-grenspos aan die Mosambiekse kant moes deurbring. Nou veilig tuis, te midde van nog swaar reën wat vir die noordoostelike deel van die land voorspel word, is hulle dankbaar teenoor almal wat 'n rol gespeel het in hul tydige en veilige terugkeer.
Die agt Louis Trichardters was Kobus Bar...