'n Kranige jong gholfspeler van Louis Trichardt, die agtjarige Tristan Leeb, het die afgelope naweek sy titel suksesvol verdedig deur die Polokwane Junior o.10 Ope-toernooi te wen. Hy het in Maart 2023 opslae gemaak toe hy op die ouderdom van ses jaar die toernooi die eerste keer gewen het.
Vanjaar se toernooi oor 18 putjies, wat op 19 en 20 Oktober in Polokwane beslis is, is veel later diƩ jaar aangebied, aangesien die organiseerders gesukkel het om 'n datum te bepaal weens skoolfunks...