Een van die Soutpansberg se staatmaker staatsamptenare, die 63-jarige André Weideman, gaan op Vrydag, 30 Augustus, sy laaste dag in die kantoor deurbring, waarna hy sy aftrede gaan geniet. Dit bring 'n einde aan Weideman se indrukwekkende loopbaan van 44 jaar en agt maande in die regte, waarvan hy die afgelope 23 jaar hoofaanklaer vir die Nasionale Vervolgingsgesag in die Thohoyandou-streek was.
Weideman se loopbaan as hoofaanklaer, met sy kantoor wat in die landdroskantoor op Louis Tr...