Vir Andrew Baird Bezuidenhout (42), welbekende inwoner en lewensafrigter van Louis Trichardt - en reeds vir 20 jaar in die bediening - is om te weet waar iemand vandaan kom baie belangrik. Hy het selfs die "nuutjie" van 'n DNA toets vir stamboomdoeleindes, met die hulp van Karel Bezuidenhout, 'n genealoog, laat doen.
Genealogie, oftewel familienavorsing, is 'n eeue-oue stokperdjie. Waar inligting vanaf familie, uit argiewe en ander rekords verkry word, verskaf die Internet deesdae 'n m...