"Sy was 'n alomteenwoordigheid." Só beskryf 'n vriendin vir Annekie Jandrell wat skielik op Woensdagaand, 19 Junie, omstreeks 23:00 tot 23:15 in haar slaap oorlede is. Annekie was beslis een van die bekendste en mees geliefde inwoners in die Louis Trichardt en haar heengaan laat 'n groot leemte in die gemeenskap.
Sarel en Sarie Coetzee se oudste dogter, Anna Magrieta (née Coetzee), is op 25 Mei 1949 in Pretoria gebore. Die gesin het in 1961 van Waterval Boven na Louis Trichardt verhuis...