Plaaslike avonturier Dave van Graan het Dinsdag by die koerant kom inloer om meer te vertel van sy jongste avontuur in Namibië. Wat begin het as 'n uitdagende staptog op die Dorslandtrek-roete het sommer vroeg ontaard in 'n stryd om oorlewing en geëindig waar Dave vier aande in die polisieselle moes deurbring as "gas" van die Namibiese regering.
Die 67-jarige Dave van Louis Trichardt het op 20 Januarie sy mees ambisieuse staptog nog aangepak deur van Rietfontein aan die oosgrens van Na...