Nuus van die arrestasie van bekende Louis Trichardt diereliefhebber Jan "Slang" van Rooyen het die afgelope week as groot skok gekom vir baie. Vir etlike jare al beywer Van Rooyen hom nie net vir die bewaring en beskerming van slange nie, maar vir wildlewe in die algemeen. Dit blyk nou dat die owerhede hierteen eksepsie geneem en hom aangekla het vir 'n oortreding van die Limpopo Omgewingsbestuurswet (LEMA), Wet 7 van 2003).
Van Rooyen is welbekend op sosiale media platforms vir die we...