'n Bekende en jarelange inwoner van Louis Trichardt, Rudolf Koekemoer, is verlede Woensdag, 27 November, in die vroeë oggendure skielik oorlede aan wat die familie beskryf het as 'n asma-aanval.
Plaaslik was Koekemoer alombekend as Koekies. Hy is op 13 Desember 1959 gebore en het groot geword in Hebron Plantasie. Hy was by Laerskool Mariepskop op skool, waarna hy aan Hoërskool Hans Merensky gematrikuleer het. Koekies het 'n groot liefde vir sport gehad, veral vir rugby, landloop en fie...