Die Soutpansberg het met hartseer afskeid geneem van oud-inwoner Thea Kok (Van Dyk) van Louis Trichardt wat Maandag, 19 Augustus, ná 'n kort siekbed in die Hospice vir verswakte pasiënte in Polokwane oorlede is. Sy was 76 jaar oud gewees.
Wyle Thea was 'n boorling van die Soutpansberg wat op 6 Junie 1948 op Louis Trichardt gebore is. Sy het ook hier skool gegaan en is later met haar eerste man, Hans Kok, ook hier getroud waar beide van hulle in hulle jong dae by die plaaslike spoorweë ...