"Ek het nooit in my lewe gedink dat ek eers naby genoeg aan 'n slang sal kom dat hy my kan spoeg nie - ek is baie bang vir slange!" sê die 20-jarige Vonnèy Kruger van Louis Trichardt.
Vonnèy, haar vriend Junior Smit, asook sy pa, Wilhelm, is op Menseregtedag heeltemal onkant gevang deurdat 'n Mosambiekse spoegkobra vir Vonnèy in die oë gespoeg het. Die insident het op die Smit-familie se plot op die Elim-pad net buite die dorp gebeur. Wilhelm se vrou, Patricia, wat by Laerskool Louis T...