Die gemeenskap van Louis Trichardt sit toenemend met ’n nuwe en vinnig-groeiende uitdaging: troppe blouape wat nie meer huiwer om amok te veroorsaak in boorde en landerye, skoolgronde en selfs in inwoners se huise nie. Wat eens as ’n oulike gesiggie in die bome beskou is — en in ’n stadium selfs as bedreigde spesie gelys was — het nou ontwikkel in ’n kopseer en ’n bron van groot bekommernis vir baie.
Die blouape wys deesdae min vrees of huiwering om huise binne te dring. Die diere is oo...