Nog vier verdagtes is deur 'n spesiale taakspan van die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangekeer in verband met die vlaag wild- en veediefstalle op plase in die Alldays-omgewing. Die arrestasies volg ná maande van boere se ongelukkigheid oor veral die Alldays SAPD se onvermoë om hulle werk te doen en verdagtes te arresteer.
Die Zoutpansberger het in November 2023 oor die omvang van die probleem gerapporteer en die buitengewone stappe wat boere moet neem om hulle wild en vee te b...