Die vier mans wat ná afloop van 'n bloedige skietery op Donderdag, 8 Augustus, in die nuwe munisipale ontwikkeling suid van Pretoriusstraat in Louis Trichardt gearresteer is, het Vrydag, 16 Augustus, weer in die hof hier verskyn.
Twee sekuriteitswagte en twee vermeende koperdiewe was in die skietery betrokke. 'n Derde vermeende koperdief is doodgeskiet. Die skietery het ontstaan nadat sekuriteitsbeamptes van Vhugi Security 'n vermeende groep koperdiewe op heterdaad betrap het.
S...