“Hulle sê jou sleg en hulle ken jou nie eers nie. Dit is asof hulle wou hê die buffel moes my trap. Dit was so asof hulle teleurgesteld was die buffel het my nie gegaffel nie.” So sê Louis Trichardt-sakeman en wildboer Renier Fourie in reaksie op wat hy noem die “boeliegedrag” van mense op sosiale media. Dit volg nadat ’n video van hom, wat byna deur ’n buffel deurboor is terwyl hy besig was om ’n trop van 14 op sy plaas af te laai, verlede week op Facebook versprei is.
Die vid...