Avonturier Dave van Graan van Louis Trichardt het die afgelope week 'n paar benoude oomblikke beleef toe hy as "gas" van die Namibiese regering vier dae agter tralies moes deurbring in die polisieselle op Tshumkwe.
Die 67-jarige Dave het in Januarie na Namibiƫ gereis om sy taaiste staptog nog aan te pak. Hy het vroegoggend op 20 Januarie by Rietfontein aan die oosgrens van Namibiƫ, aangrensend tot Botswana, weggespring op sy 1,375 km staptog as deel van die Dorslandtrekkersroete vanaf ...