Deur Dr Suwil Rudolph
Ons almal ken die Bybelverhaal van Dawid en Goliat. Dawid, die klein Israeliet wat bereid was om die reus aan te pak toe niemand anders kans gesien het nie. Deesdae word die sosiale media netwerke oorstoom met videogrepe van ratels wat leeus die stryd aansê, en al wil dit soms lyk asof hy doodgebyt is, skielik opvlieg en sy aanvaller aanval totdat die aanvaller op die vlug slaan.
As ek nadink aan die 25 jaar wat ek bevoorreg was om die Zoutp...