Dit is laat Saterdagoggend en die motor se temperatuurmeter wys 40 grade. Ons ry deur die sandstrate van Masisi, 'n woonarea in die noord-oostelike hoek van die land, so 18 kilometer voor die Kruger Nasionale Wildtuin se Pafuri-hek.
Ons soek 'n kerk.
Dit is al etlike weke dat die gedagte deur my kop draai om die kerk te gaan soek wat ek as student help bou het.
Dit was in 1987 en ek was 'n tweedejaarstudent by die destydse Randse Afrikaanse Universiteit, nou Universiteit ...