"Help ons om vir Gert van der Westhuizen (Gert Velle) 'n verskil te maak! Ons vriend en gemeenskapslid, Gert Velle of Gert Water soos sommige mense hom ken, is tans ernstig siek in die hospitaal nadat hy onlangs met kanker gediagnoseer is. Alhoewel hy oor 'n beperkte mediese fonds beskik, is daar steeds groot uitgawes wat nie gedek word nie."
Só lui die eerste deel van die boodskap wat wyd op sosiale media versprei is deur die Stad op die Berg-gemeente (oftewel NG Kerk Louis Trichardt)...