As boorling van Louis Trichardt en liefhebber van die dorp en omgewing se geskiedenis, was dit vir my ‘n besonderse voorreg toe Anton van Zyl, eienaar, my gekontak het om hom by te staan met die navorsing en skryf van artikels oor Louis Trichardt se straatname (2015-2016).
Kort nadat die grendeltyd (Covid-19) ‘n aanvang geneem het (einde Maart 2020), is ek gevra om bydraes oor hierdie vreemde tyd te lewer. Telefoniese onderhoude is gevoer met onder meer kerke, skole, haarkappers en ande...