Zoutpansberger
Opinion

Dit was Johann Koerant se nalatenskap - en dit het 'n verskil gemaak

Die Zoutpansberger: van familie-onderneming tot gemeenskapsikoon

By Guest Contributor • 22 December 2025
Dit was Johann Koerant se nalatenskap - en dit het 'n verskil gemaak

Jeánnine du Plessis, jongste dogter van die stigterslede van die Zoutpansberger, Johann en Melinda du Plessis, vertel meer van die beginjare van die koerant. Sy onthou hoe die koerant ontwikkel het, hoe die destydse Venda Mirror ontstaan het en ook toe dit later aan Anton van Zyl verkoop is.

Deur Jeánnine du Plessis

Toe Johann du Plessis in Januarie 1985 op Louis Trichardt aangekom het om die Zoutpansberger te begin, was hy reeds redelik ervare in die koerantbedryf. Sy loopbaan het begin by die advertensie-afdeling van die dagblad The Citizen. Hier het hy die dinamika van die nuusbedryf vinnig gesnap.

Ná ’n paar jaar by The Citizen het hy die pad noord aangedurf en by die Northern Review op Polokwane (toe nog Pietersburg) b...

Read more on our website