Met Paasnaweek wat sinoniem geword het met padsterftes op die streek en land se paaie, is 'n familie van Levubu dankbaar hulle lewe ná 'n noodlottige ongeluk op die berugte R524, oftewel die Levubu-pad.
Die 49-jarige Melanie Louw van Levubu het Dinsdag vertel van die ongeluk wat Maandag, 1 April, omstreeks 13:00 byna die lewe van haar, haar man Enrico (50) en dogter Elmé (29) geëis het. Die ongeluk het sowat 15km buite Louis Trichardt plaasgevind.
Die Louws het vroeër die dag va...