Altesaam 77 jaar van gekombineerde kennis en ondervinding is verlede Saterdagaand gevier deur die dokters, personeel en vriende van die mediese praktyk Stroebel, Venter en Malan.
Die "oudste" van die dokters is dr. Anton Stroebel, wat vanjaar 30 jaar as deel van die vennootskap vier. Hy het in September 1994 by die praktyk aangesluit. Aanvanklik het die praktyk bekend gestaan as Snyman, Vermaak en Stroebel en baie van die ouer inwoners sal nog vir dr. Leon Snyman, 'n ginekoloog, en dr....