Ná die eerste twee rondes van die provinsiale rugbyliga moet die Louis Trichardt Rugbyklub se eerste span nog 'n wedstryd wen. Die span kou tans bietjie harde bene op die rug van 'n reeds bedrywige rugbyseisoen.
Louis Trichardt se eerste en derde spanne het Saterdag, 17 Mei, aan hulle tweede wegwedstryde vir die seisoen na Mokopane gereis waar hulle teen die Potgietersrus Rugbyklub te staan gekom het.
Louis Trichardt se derdes het die opposisie laat skrik met 'n oortuigend 46-3 ...