Die geskiedenisboeke is die afgelope naweek weer herskryf toe die Louis Trichardt Rugbyklub se eerste en tweede spanne vir 'n tweede agtereenvolgende jaar as algehele wenners van die provinsiale rugbyliga bekroon is. Dit nadat beide spanne hulle opposisie in die eindstryd van die liga op Louis Trichardt se tuisveld geklop het. Ook die dorp se derde span het na die eindstryd deurgedring, maar was ongelukkig om te verloor.
Louis Trichardt se derdes het Saterdag, 7 September, in die openi...