Die Louis Trichardt Rugbyklub se eerste en tweede rugbyspanne het Saterdag, 24 Mei, suksesvol teruggekeer vanaf hulle provinsiale kragmetings in Polokwane waar hulle teen Noordelikes te staan gekom het.
Louis Trichardt se eerste span vermorsel Noordelikes met 'n oortuigende telling van 50-24, terwyl hulle spanmaats in die tweede span 12-5 afreken met Noordelikes se tweedes. Ongelukkig vir Louis Trichardt se derdes, wat goed vertoon in die liga, moes hulle 0-10 die knie buig voor die Po...