Daar lê 'n uiters bedrywige rugbyseisoen voor vir die manne van die Louis Trichardt Rugbyklub. As wenners van die Limpopo Noord-amateurliga verlede jaar is die dorp se eerstes uitgenooi om aan SA Rugby se nasionale Gold Cup-reeks deel te neem, waar hulle in 2024 tot in die Top 8-ronde van die reeks gevorder het. Weens hulle goeie vertoning in die Gold Cup is Louis Trichardt ook uitgenooi om in vanjaar se Castle Lager Superliga deel te neem.
Die Castle Lager Superliga skop op 15 Februar...