Die Louis Trichardt Rugbyklub se eerste en tweede rugbyspanne loop tans redelik gemaklik voor op die provinsiale punteleer, met die klub se derdespan wat met een punt verskil 'n tweede plek beklee.
"In hierdie stadium werk ons daaraan om vir ons 'n tuis halfeindstryd te verseker, tensy ons nou regtig aanjaag," het klubvoorsitter Brian du Plooy Maandag gesê.
Louis Trichardt se eerstes en tweedes sou Saterdag, 29 Junie, by Curro Heuwelkruin Hoërskool (Polokwane) teen Kruinies te s...