Die Soutpansberg Atletiekklub (Skillies) het drie atlete gehad wat aan die Sunrise Monster in Groenkloof, Pretoria, deelgeneem het op Saterdag, 28 Februarie. Die wedloop het bestaan uit ’n 32 kilometer- en ’n 21 kilometer-wedloop.
Manie Pretorius en Terence Fogwell het die 32 kilometer-wedloop aangepak en die wedloop saam voltooi met ’n tyd van 03:49:43. Oor die 32 kilometer-afstand het die twee 682 meter geklim. Karla van Zyl het die 21 kilometer-wedloop voltooi in 2:14:53 en 435 meter...