Ds. Stian Bloem (33) is Saterdag, 26 Julie, bevestig as medeleraar by die NG Kerk Stad op die Berg op Louis Trichardt, waarna hy Sondag, 27 Julie, sy intreepreek in die gemeente gelewer het. Hy sal voortaan die gemeente se ds. Jan Pretorius bystaan in die bediening, spesifiek wat betref jeug- en gesinsbediening.
"My visie vir die gemeente is in lyn met wat hulle my voor beroep het – jongmense en gesinne. Dit is waar my hart is. As ons gesinne sterk is, dan spoel dit oor in die res van ...