Verskeie geskiedkundige gebeurtenisse het Sondag, 16 Februarie, plaasgevind met die bevestiging van die 24-jarige ds. Zilcha Mostert as nuwe leraar van die Hervormde Kerk Louis Trichardt.
Die gemeente was vir 'n geruime tyd sonder leraar gewees en ds. Zilcha se bevestiging lei 'n nuwe era vir die gemeente in. Wat geskiedkundige gebeurtenisse betref, is ds. Zilcha tans die jongste leraar in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika wat beroep is. Sy en haar man, ds. Johan Mostert, is o...