Lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe het die afgelope naweek deelgeneem aan 'n jaaroud- en opewedvlug vanaf Sannieshof oor 'n afstand van 570 km. Die duiwe het letterlik die wind van voor gekry, met 'n sterk noordewind wat die duiwe se spoed afgebring het na 1,150 meter per minuut.
In die jaaroudwedvlug is 85 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word hier genoem. In die eerste plek was Marx Hokke (Spb) nadat hulle wenduif die afstand vol...