Duiweboere in die Noordstreek se duiwe het die afgelope naweek die spreekwoordelike wind van voor gekry in hulle jaaroud- en opewedvlug vanaf Delareyville oor 605 km. Die weer was merendeels bewolk, met 'n sterk noord-oostelike wind wat oor die hele roete gewaai het.
In die jaaroudwedvlug is 42 duiwe op Saterdag, 19 Julie, losgelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur RWJ & Mike Coetzee van die Hanglip Resiesduifklub (Hlp), nadat hulle wenduif...