Vir familie en vriende het die skielike dood van die 74-jarige Eddie Bennett van Louis Trichardt as groot skok gekom. Hy is Vrydag, 8 Augustus, in die Louis Trichardt Gedenkhospitaal ná 'n kort siekbed oorlede.
Volgens Eddie se dogter, Monja, is haar pa Saterdag, 2 Augustus, in 'n verswakte toestand in die hospitaal opgeneem, waar bloedtoetse bevestig het dat hy longontsteking het. "Sy infeksietelling was baie hoog, en die infeksie het sy senuweestelsel aangetas, wat veroorsaak het dat...