Zoutpansberg Rugby het die afgelope naweek (13 en 14 September) 'n baie suksesvolle eerste rugbykliniek vir laerskoolspelers (o.7 tot o.13) by die Louis Trichardt Rugbyklub aangebied.
Zoutpansberg Rugby is 'n nuutgestigte, nie-winsgewende organisasie (NPC 2024/522284/08) wat hulself beywer vir die bevordering van rugby as sportsoort vanaf 'n jong ouderdom. Die kliniek, onder leiding van Sias Wagner (voormalige Blou Bul-speler) en Lukas Keet (wat al vir 12 jaar betrokke is by Blou Bulle...