Louis Trichardt se eerste- en tweederugbyspanne het elk vir hulself 'n plek in die halfeindronde van die provinsiale liga verseker ná hulle op Saterdag, 16 Augustus, weer die botoon gevoer het in hul laaste ligabepalings van die seisoen. Die dorp se derdespan het reeds vroeër vir die halfeindstryd gekwalifiseer.
Louis Trichardt se eerstes het teen Letaba 1 te staan gekom op hul opponente se tuisveld en hul gashere 31-19 geklop, terwyl Louis Trichardt se tweedes op dieselfde veld met 41...