Vir die Badenhorst-familie was die nuus dat hulle na Louis Trichardt sou verhuis aanvanklik 'n groot worsteling. Tog is dit nou 'n besluit waaroor hulle nooit spyt sal wees nie, veral wanneer dit by hul 11-jarige dogter Micah kom.
Pa Hannes het in September 2023 'n pos aanvaar as handelaarshoof by Action Ford in Louis Trichardt. Vir ma Machtel was dit 'n groot aanpassing.
"Ek het vreeslik geworstel en vir die Here gevra: Hoekom Louis Trichardt?" vertel Machtel. Destyds het die g...