Vir baie inwoners het 'n groot skok gewag einde Julie met die Makhado Munisipaliteit se implementering van hulle nuwe elektrisiteitstariewe. Alhoewel die stadsraad in hulle 2024/25 begroting 'n 12.7% verhoging in hierdie tarief aangekondig het, meen baie dat die persentasie verhoging veel hoër is.
Meer as een inwoner het die koerant geskakel en gekla dat hulle elektrisiteitsrekening skielik buitensporig die hoogte in geskiet het. Veral dié met voorafbetaalde-kragmeters het dit eerste a...