Zoutpansberger
News

Familie bring hulde aan ‘n merkwaardige ma en ouma

Onwankelbare geloof te midde van hartseer

By Andries van Zyl • 5 May 2026
Familie bring hulde aan ‘n merkwaardige ma en ouma

Tannie Tina Fisser is op 15 April oorlede. Sy het 41 jaar lank by Laerskool Louis Trichardt skoolgehou en diep spore getrap met haar passie vir onderwys, die Voortrekkers en die kerk.

‘n Laaste eerbetoon is op 26 April gebring aan sekerlik een van die Soutpansberg-streek se mees legendariese inwoners  – die immer geliefde tannie Tina Fisser. Sy is op 15 April oorlede, vermoedelik weens ‘n bloedklont deur die hart, skaars twee maande voor haar 82ste verjaarsdag.

Tannie Tina Fisser, “met ‘n F”, was ‘n algemene manier waarop sy haarself aan ander voorgestel het, en so sal baie haar ook onthou. Sy is gebore in Zambië (Nkana), het in Stellenbosch gematrikuleer en by ...

Read more on our website